Dassault Mirage III

Mirage III
'n Israelse Mirage III
Tipe Onderskepvliegtuig
Vervaardiger Dassault Aviation
Nooiensvlug 17 November 1956
Vrygestel 1961
Status Beperkte gebruik
Hoofgebruiker Pakistanse Lugmag
Vorige gebruikers Franse Lugmag
Israeliese Lugmag
Koninklike Australiese Lugmag
Suid-Afrikaanse Lugmag
Vervaardig 1966-1992
Aantal gebou 1 422
Weergawes Atlas Cheetah

Die Mirage III is 'n enkelmotorige supersoniese vegvliegtuig wat deur die Franse vliegtuigmaatskappy Dassault Aviation ontwikkel en vervaardig is in die middel-1950's.

Dit was die eerste Wes-Europese vegvliegtuig wat 'n spoed van Mach 2 in horisontale vlug oorskry het,[1]'n prestasie wat op 24 Oktober 1958 behaal is.[2] Die English Electric Lightning het dit op 25 November 1958 behaal.[3]

Die veelsydigheid van die ontwerp het Dassault in staat gestel om opleidings-, verkennings- en grondaanvalweergawes te produseer, sowel as die Dassault Mirage 5 variant te ontwikkel. Dit was 'n suksesvolle vegvliegtuig en is aan vele lugmagte ter wêreld verkoop, terwyl dit vir meer as twee dekades in produksie was. Tans is die Pakistanse Lugmag die grootste operateur van Mirage III vegters, met 75 vliegtuie wat nog in diens is.

  1. "Mirage III." Dassault Aviation, 18 December 2015.
  2. Dildy, Douglas C; Calcaterra, Pablo (21 September 2017). Sea Harrier FRS 1 vs Mirage III/Dagger: South Atlantic 1982. Bloomsbury Publishing. p. 12. ISBN 9781472818904.
  3. Bowman, Martin W. (30 Januarie 2018). Images of war. The English Electric Lightning. Pen and Sword. ISBN 9781526705587.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search